A man of limited height

On the stage is 90 year old Charles Aznavour. A man of limited height but with a voice twice his size and a presence out-sizing the Royal Albert Hall. Amazing.

Yesterday when I was young
The taste of life was sweet as rain upon my tongue
I teased at life as if it were a foolish game
………………………………………….
And only now I see how the years ran away
Yesterday when I was young
………………………………………….

There are so many songs in me that won’t be sung
I feel the bitter taste of tears upon my tongue
The time has come for me to pay for yesterday when I was young.

Dit gebeur soms dat ‘n mens iets beleef en dan weet jy, hierdie belewenis sal lewenslank by my bly. Terwyl ek na hierdie klein mannetjie luister, word ek meer en meer bewus van die grootsheid van hierdie ervaring.

Geen programme is beskikbaar nie. Wat hou hierdie aand in? ‘n Gaskunstenaar open die aand met 30min Jazz/kabaret en dan ‘n pouse.  Sekerlik kan ‘n mens nie van ‘n 90-jarige ou man verwag om die hele aand op te tree nie. Ek beplan die res van die aand. Hy sal seker nou vir ‘n halfuur optree, dan weer ‘n gaskunstenaar en dan sluit hy af met twee of drie items. Pouses tussenin behoort die tyd op te maak.    Baie Franse hier rondom ons. Ek wonder of hulle almal plaaslik woon.

‘n Halfuur pouse. Hierdie orkes het ritme en volume.  Sal Charles Aznavour hoorbaar wees bo die orkes? Gaan hy teen ‘n kierie of teen ‘n stoel leun om hom te ondersteun? Ek hoop nie hy kom iets oor terwyl hy optree nie.

En dan met ‘n flink huppelstap kom hy op die verhoog.  Ek sit vasgenael. Negentig? Merkwaardig dat ‘n mens op so ‘n ouderdom nog met soveel energie kan beweeg.

Met ‘n ferm, helder stem begin hy sing . Ek herleef my altydse  liefde vir Franse musiek:  Francoise Hardy, Yves Montand, Edith Piaff, Jacques Brel; maar hierdie is beter…. dieper in my binneste. Ek wil lag, nee huil, nee geen emosie kan hierdie oomblik vasvang nie. Hierdie man is merkwaardig.

Die aand groei tot een van daardie groot oomblikke in my lewe.

Oomblikke soos toe ek as 8/9 jarige dogtertjie saam met Mamma en Pappa na die Weense Seunskoor gaan luister het en ‘Little Drummer boy’ saam met my huis toe gegaan het en my nou nog terugneem na De Aar se stadsaal toe. Dit moes baie sente omdraai gekos het, maar dit was my ma se begeerte om vir my hierdie geleentheid te kon gee. Hoe graag sou ek op hierdie stadium vir haar wou dankie se!

Of die keer wat KRUIK konsessies aangebied het waarmee skoolkinders 4 konserte per jaar kon bewoon wat selfs vir ‘n arm kind toeganklik was. Die eerste konsert was Hoogtepunte uit Cosi FanTutti en Verhale van Hoffman. Wonderlike kostuums en Barcarolle het my vergesel droomland toe. My eerste kennismaak met lewendige verhoog, musiek en toneelspel. Tot hiertoe was opera/operette beperk tot my Pa se langspeelplate en sy mooi baritonstem wat so nou en dan ‘n onverwagse draai deur die huis gemaak het.

En wat van die Graaff Reinetse Onderwyskollege se Fledermaus? Die pragtige sopraan en Mein Herr Marquis het my laat dagdroom oor my toekoms as student en wereldberoemde sangeres (sug!).

Ek was egter ook meegevoer deur sport. Die geleentheid om ‘groot’ te mag wees en kind-alleen die boxing day sport in die Paarl te kon bywoon; in die omgewing van March Fiasconaro en Paul Nash te mag wees  en daarna my pad deur die mensemoes kon terugvind na Ouma se huis in die Hoofstraat; my ma wat verlig is dat ek veilig tuis is…. en die reuk van wintergreen wat rondom my stralekrans.

As opkomende Wimbledon enkelspelkampioen, het ek egter my belowende tennisloopbaan laat vaar na die vertoning van Virginia Wade se spel in die suikerreeks in Port Elizabeth. Ek het geen aspirasies gehad om my tennisraket te gooi (gooi is eufemisties gestel) dat hy wipwipwip oor die tennisbaan trek nie.

My hoogste hoogtepunt was waarskynlik op St Georgespark in Port Elizabeth en dit was nie vir krieket nie. Ek kan glad nie onthou saam met wie ek na Nicky Cruz gaan luister het nie. My ervaring van ‘n groot, magtige, liefdevolle Vader kon ek saam met duisende ander gelowiges beleef en met volle oorgawe sing: ‘All over the world the spirit is moving’. Ek wou nog en nog sing en sommer daarvandaan af reguit hemel toe gaan om net te kon aanhou met sing en die teenwoordigheid van die Here vir altyd so te kon beleef.

Natuurlik was daar nog meer wonderlike oomblikke, maar Charles Aznavour kry vanaand sy plek in my boek van herinneringe.

Na 90 minute ononderbroke optrede is sy stem helderder en duideliker  as aan die begin van die aand. Die aand loop uit: Yesterday when I was Young.  Sy verhoogpersoonlikheid, die hier en daar se eenbeenspringetjie, die lag in sy stem, oogkontak met die gehoor….nee, ek sal dit nooit vergeet nie. Maar, die weggesteekte kort treetjies, die hand wat bewe, die ‘kom-ons-begin-weer’ gemiste inval, bevestig die mens se verganklikheid.

Traag verlaat ek die gehoorsaal. Buite wag die laaste oomblikke van een van daardie uitsonderlike  lekkerweer dae in London. Ons stap na East Kensington moltreinstasie toe met min woorde. Die Franse is op pad StPancras toe vir die Eurorail terug  na Parys.

‘n Psigiaterkennis van Italiaanse afkoms is in die trein. Wat?! Was julle by Charles Aznavour? Hoe kon ek dit gemis het! En van die oorkantste bank kom ‘n eg Engelse jammer-maar-ek-wil-nie-‘intrude’-nie vrouestem: Ek was ook daar.

Charles Aznavour, jy bind die hede en verlede saam, bind oud en jonk saam, bind verskillende taalgroepe saam. Ek salueer jou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Standard

Christmas……

A comparison between a South African Christmas and an English one is unfair; they differ too much. You might as well ask me to choose between ice cream and chocolate. I love them both, but they are very different; although they have a common ingredient: sugar! Christmas, in the middle of the summer holidays with bagfuls of shop bought ice cubes and coolers, is very different from Christmas in the glow of a coal fire, with the wind howling and the rain tapping against the windows, and a glass of warm mulled wine in your hand. 

Hierdie was weer ons Kersfees by die huis. Met geen familie naby nie, skakel ons 100% by die Engelse gemeenskap in vir die feesdae. Anders as waaraan ons gewoond is, word hier ‘n Oukersaand middernag- nagmaaldiens gehou. Oukersmiddag 4uur is daar ‘n Christingle diens. Dit is sterk op kinders gemik, maar word ook goed deur Oupas en Oumas ondersteun. Pa’s en Ma’s is dan nog by die werk. Wikipedia beskryf ‘n Christingle as

  • an orange representing the world;
  • a red ribbon around it representing the blood of Christ;
  • dried fruits skewered on cocktail sticks pushed into the orange, representing the fruits of the earth and the four seasons; and
  • a lit candle pushed into the centre of the orange, representing Jesus Christ as the light of the world.[1]

 Almal teenwoordig kry so ‘n lemoen. Gewoolik is die tema van die diens die geboorteverhaal. Ons kerk het ‘n groot verskeidenheid kostuums wat nog dateer uit die dae toe daar baie kinders was wat kerk toe gekom het. Vanjaar is hulle uit die stof gehaal en elke kind wat die diens bygewoon het, het ‘n kostuum by die deur gekry. Al die Josefs en Marias en herders en wyse manne en skape en engele en esels en beeste het hartlik saam vertel en gesing aan die kersverhaal. Dit is ‘n baie aantreklike diens vir oud en jonk. Met al die ‘health and safety’ regulasies is die organisasie egter nie so eenvoudig nie, want behalwe vir ‘n emmer sand elke tien meter, kry die kinders onder naastenby 10, almal ‘n kers wat soos ‘n flitslig werk terwyl die groter kinders regte vlam kerse kry. Elke sandemmer het ‘n volwassene wat die skare fyn dophou om alle brande in die kiem te smoor.

Na afloop van die diens kry almal ‘n stukkie gemmerkoekhuisie. Hierdie huisies is so tradisioneel soos kalkoen en brusselse spruite. Elke gesin het ‘n kersboom en ‘n gemmerkoekhuis. Vanjaar het ek vir die eerste keer in Tesco gesien dat ‘n mens hulle voorafverpak kan koop en tuis self aanmekaarsit, asof jy self die volmaakte koeke gebak het. Die wat self bak het natuurlik baie pret om ‘n huis gebou te kry van die deeg, wat in volmaakte vorm in die oond gegaan het, en in skeefgeryste vorm ander kant uitgekom het.

Omdat Oukersdag vanjaar op ‘n gewone weeksdag geval het, het ek en Jan albei gewerk. Tweede Kersdag is egter ‘n vakansiedag en ons het dus darem ‘n breek gehad.

Met die son wat 4uur ondergaan en net na 8 weer opkom, en ‘n wind wat vertel van winter, begin die Kersdiens eers 10.30. Ons diens was ‘n fees. Ons is geseend met ‘n kreatiewe predikant wat sy kersboodskap kon oordra op ‘n manier wat oumense en kinders saam die ritme op hul bene laat uitklap het vir sy storiepreek in rymvorm. Hierdie ontspanne atmosfeer het daartoe bygedra dat die ‘gereelde’ Kersgangers wat net Kersdienste bywoon, gou heel tuis gevoel het.

Direk na die diens het ek en Jan aangesluit by die Company at Christmas. Hierdie jaarlikse ete word deur Churches Together by ons kerk aagebied vir so naastenby 50 persone in die gemeenskap wat spesiale aandag op Kersdag nodig het: sommiges bewegingsgestremd, ander intellektueel gestremd, en nog ander, vereensaamde bejaardes. Dis ‘n groot organisasie om hierdie diens aan te bied. Elkeen moet opgelaai word en afgelaai word. By die kerk is daar ‘n span van naasteby 2 helpers vir elke 3 gaste beskikbaar wat hulle by die deur ontvang en na hul sitplekke begelei. Teen hierdie tyd is die tafels natuurlik klaar gedek met naamkaartjies, kersversierings, kersklapper en vrugtesap gereed om geskink te word. By die deur is ‘n gastelys met tafelaanwysings,wat ook die helpers se name insluit. Die kombuis is vol beman met kosmakers, kosaadraers, tafelafdekkers en skottelgoedwassers. Die totale hoeveelheid etes is vir nagenoeg 100 eters.

Wanneer almal sit, het elke helper ‘n gas weerskante van hom. Nou word hulle bedien met vrugtesap en die kos word uit die gasvroutrollie by elke tafel in fabriekstyl opgeskep. Elke helper het ‘n bak en stap om die tafel en skep. En die kos? Tradisioneel Engels: kalkoenvleis, heel gekookte aartappels, stuffingbolletjies (lyk soos frikkadelle), opgekookte brusselse spruite en wortels, en gebakte aartappels. Die hoogtepunt van die bord kos is die lekker sous waarmee jy al die kos ordentlik toegooi. ‘n Goeie bord kerkkos het altyd ten minste twee aartappelporsies op. Ons het al ‘n ete bygewoon waar daar behalwe genoemde twee ook ‘n porsie kapokaartappels bygevoeg was.

Dan kom die deel waarvoor almal wag…..die poeding. Die mense hier is BAIE lief vir BAIE soet. Die tradisionele kerspoeding word in ruim porsies met baie vla bedien. Die meeste mense is reg vir ‘n tweede skep. Oorskietkos word kombuis toe gedra maar nie ‘n krummel poeding of vla bly oor nie. Die ete word afgesluit met ‘n koppie tee. Om koffie te kry is nie eenvoudig nie en die wat desperaat is vir koffie moet dit by die kombuis gaan haal.

Hierna is dit tyd vir die konsert in die aangrensende saal. Teen hierdie tyd het elke helper al iemand toilet toe gebegelei en nou is dit arm gee en hand om die lyf vir die opklim van die paar treetjie om by die saal uit te kom. Een Oom lyk of hy gaan omval en ek gaan sit langs hom dat hy maar liewer op my as op die vloer moet val. Gelukkig gebeur dit toe darem nie.

Die konsert is goeie vermaak vir twee ure wat begin met gewilde trompetmusiek, onderbreek word vir die TV uitsending van die koningin se kersboodskap, kersliedere saamsing, ‘n ukulele musiekgroep, en die hoogtepunt is natuurlik die Pantomime. Hierdie jaar is dit Jan en die boontjierank. ‘n Voorleser sorg dat die storie vinniger as in ‘n teater vorder en kreatiewe rekwisiete sorg vir ‘n boontjierank wat per tou groei en per tou sak sodat (Mev) Jan bo kan uitkom om by die reus se paleis te kan uitkom. Met die goue hen onder sy arm slaag Jan om teen ‘n toutrek spoed teen die rank af te klim tot by sy (Mnr) Ma. Nog ‘n paar kersliedere en trompetstukke later gaan almal weer toiletlangs terug eetsaal toe.

Nou is die tafels varsgedek met kleinbordjies, lepels en borde vol koek. Die kersklappers word geskiet, die hoedjies opgesit en die grappies gelees. Die grootkoeke is ‘n donasie van Dorrington’s, bekend vir hul fyngebak. Vinnig-vinnig verdwyn die laaste krummel. Nog ‘n koppie tee en ‘n groot kersgeskenksak met soetgoed,’n piesang en ‘n nartjie, is dit tyd om weer toilet toe, en dan voordeur toe te gaan om vir die chauffeurs te wag.

Dis so amper 5 uur toe ons tuiskom. Ons voel goed. Dit was ‘n goeie kersdag. Ons het iets van die doel van Christus se koms beleef.

Standard

Welcome in our family, Cleopatra.

Dear Cleopatra

What a delight to welcome you as my new companion!

I would like to introduce you to some of the routines and things that you should be prepared for as part of your new life. 

When at home, you will spend most of your time with Greygolf. Sometimes you will be left home alone, as Greygolf normally has to do all the family journeys. This will be your quiet time when you can prepare yourself for the week ahead. 

Your normal travels will be between the home and my workplace. These travels are very enjoyable. You are not expected to perform, as we normally are in no hurry and spend every mile in awe, enjoying the beautiful countryside and the buildings which were built hundreds of years ago. You will see buildings leaning over the street, ones with front doors opening on the street, ones with adorable English gardens, and ones with parget walls. Now just for in case you do not know, Pargeting (or sometimes pargetting) is a decorative plastering applied to building walls. The devices were stamped on the wet plaster. This seems generally to have been done by sticking a number of pins in a board in certain lines or curves, and then pressing on the wet plaster in various directions, so as to form geometrical figures. I asked Wikipedia to explain this to you. 

We leave the home in the morning, minutes before eight o’clock, and at that time of day the roads are quite busy, because a lot of people have to be at work at 9 in the morning. As our road is narrow, we have to be very polite and allow the cars coming from the front to safely pass the cars parked on the roadside. We therefore patiently wait our turn. Then we take our turn, while friendly waiting cars allow us to pass in safety. By the time we reach the A414 we have to accelerate, as we do not want to frustrate the other cars and we run as fast as we can not to fall behind. You will have to concentrate when we get to the roundabout, as there are lots of cars entering and finding their various ways in that little roundabout, but when we are safely on the other side, we are almost at work. After all this concentration, you will normally be allowed to relax, but at least two days of the week, we have to be on our way again within an hour after arrival.

You will be visiting most of Essex and some London Boroughs with me. I normally visit people at their homes,  see children at school, or attend meetings at health clinics, schools, or other social care offices, Sometimes I even go to hotels or health centres (some people call these gyms) for study purposes. My boss likes me to be very clever and does his utmost to send me to all courses available in an effort to improve my knowledge. It does not seem to be of much use, as I never seem to be clever enough. Please, do not loose heart, as you will not be asked to enter any of these buildings. You may stay outside, mostly parked on the roadside, from where you can delight in observing all the charming cars going by. At the end of the day,at about 6, we are happy to go back home; half an hour’s travel and then it is time to relax.  

The winter is an adventurous time of the year. I normally get to you a little earlier than in summer, as we have lots to do before we can tackle the road. You have to get started in order to produce enough heat in supporting me with cleaning your windows from ice or snow. I have a special little instrument, a scraper, which I use in cleaning your windows and mirrors, while you blow warm air on the windows. It takes us five to ten minutes to get rid of all the cold left on you by Mr Frost.

December is a special time of year. We celebrate the birth of Jesus Christ and because he is a King, we pay special attention to decorating all houses and shops and streets as nicely as we can. We want him to be very special. You will enjoy the lovely decorations and I will also offer you the opportunity to attend Christmas markets, such as the one in Epping this coming Friday. You will find various stalls in the main street, loud Christmas music, and a jostling crowd. The best of all is that everyone is smiling, laughing and happy, and if we are lucky, we might even experience a little snow, just to give a special feel to the market.

May you spend a happy future with me.

Take care

Ella. 

   

 

Standard

Saying goodbye to my car

November 2013

Letter to my new owner

 

Dear New Friend

As from today you will be my best friend. You will not regret this day, as I am the most loyal friend you can wish for.

Unfortunately my best friend for 60,000 miles decided to move on for no reason at all. I have never let her down and I think this was a poor decision made by her. I hope she will never regret this day.

She loved me dearly and paid good attention to my health. She took me to the car GP for every cough and sneeze and the GP then gave her a certificate of confirmation that he thoroughly checked my health. I received painkiller oil and some other medication that my friend was not clever enough to explain to me.

I cannot remember anything that happened to me in my  first 20,000 miles, but I am convinced that I was never abused or neglected. My best friend was extremely happy when she found me, as I was so beautiful. It was love at first sight.

She never allowed anyone to smoke near me as she new that I would not like the smell. As I am allergic to animals, she never allowed them even to look at me.

Two horrible incidents happened to me…..both caused by my friend. One night when it was dark in November 2009, she was driving faster than I thought wise, and although I tried to warn her, she did not listen and drove me into a brand new Honda. Luckily nothing bad happened to me, as my body is really strong, but the Honda’s bumper was crying and my friend called the insurance company for her. You may be thinking that I was OK, but I was not! My front number plate was badly damaged and  I was crying right through the night. Luckily, very early the next morning, she visited a shop where she bought me a new one.

 Oh, and the other incident happened last year in October. Actually my mate should not have taken me out on that day, as she was badly suffering from hay fever and she was a little dizzy. She nevertheless decided to go shopping at Tesco. She misjudged her distance to the car parked next to us. Again I shouted and screamed, but she did not hear me until she pushed me into the car’s rear fender. I felt horrible as this car was a beautiful girl and I was very ashamed of the scar left behind. Again my friend had to call the insurance company for the sake of this pretty girl. I did not really get hurt, but I was left with a small scar on my front left bumper, which you will see if you watch carefully.

 My friend recently replaced my clutch and my CV joint. She explained this to me by comparing it to milk teeth. Sometimes you have grown so much that the old ones are no longer fit for purpose. I was really thankful for these wonderful replacements.

 

Today I am heartbroken. Saying goodbye is always sad and although I am crying, I am looking forward to my future with you.

 

Will you please be my best friend and love me and care for me?Image

Standard

Harvest Time in the land of plenty

Sunday we celebrated Harvest Sunday in church and sang an old hymn with new words:

We plough the fields with tractors With drills we sow the land 

But growth is still the wondrous gift Of God’s almighty hand. 

We add our fertilizers To help the growing grain; 

But for all its fruition, It needs God’s sun and rain. 

All good gifts around us are sent from heaven above……

I am in no position to explain why in some parts of the world people are dying because they have nothing to eat, while here, the apples and berries are rotting on the trees. Perhaps we are not thankful enough for all the good gifts coming our way.

Hoe lekker was dit om ‘na ploegtyd en na saaityd’ in vandag se taal te kon sing!

Elke jaar verstom ek my aan die oorvloed vrugte en bessies rondom my. Appelbome groei orals. Rooi,  groen en geel appels vrot in die tuine, in die strate en op die paaie. Hier is net nie genoeg mense om al hierdie appels te kan verbruik nie. Elkeen probeer wel om die appels in sy tuin sinvol te gebruik. Die nagenoeg 3,000 appelkultivars in Brittanje word gekook en en rou geeet, maar hier is ook ‘n groot entoesiasme vir die maak van ‘cider’. Laasgenoemde het naastenby dieselfde alkoholinhoud as bier en is ewe gewild as bier.  ‘Apple crumble’ is deel van elke koek-en-tee geleentheid en is altyd deel van die poedingtafel, winter en somer. Indien daar bure of ‘n kennis is wat nie ‘n vrugteboom het nie, kry hulle mandjiesvol present.

Verlede naweek was ons by die Henry Moore Foundation wat ‘n plotgrootte tuin is met beelde van Moore en tans ook van Rodin. Deel van die lekkerte van hierdie uitstappie was die geleentheid om so in die stap ‘n appel of ‘n peer of ‘n pruim te kon pluk en eet. Die massa vrugte wat reeds van die bome afgeval het, het vir my laat voel asof ek en Philma met ‘n reddingspoging besig was deur vrugte van die bome af te pluk en te eet. 

Die meeste mense spandeer baie tyd in die parke en op die voetslaanpaaie. Hier kan mens na hartelus bessies pluk. Die blackberries is nou klaar gedra, maar frambose en red currants is nog beskikbaar. Ons eie tuin lewer daagliks ‘n stewige handvol frambose. Ek pluk versigtig ter wille van die dorings, maar ook ter wille van die bessies wat versigtig van die pit losgewikkel word en dan met sy kenmerkende gaatjie in my hand beland.

 

Aarbeityd is nou verby, maar een van die groot lekkertes van bessietyd is om na ‘n ‘Pick your Own’ te gaan en daar tussen die lang rye aarbeistellasies deur te stap met ‘n  groen-en-wit kartonmandjie en al die mooiste en grootste en rooiste aarbeie te pluk. Hierdie plukkery is so lekker dat ek altyd met te veel aarbeie by die betaalpunt opdaag. 

Oestyd is feestyd. Die kerk word versier met koringgerwe, sonneblomme, appels, aartappels, mielies, en wat nog en almal bring iets saam kerk toe uit dankbaarheid. Die meeste mense koop maar kruideniersware want die totale opbrengs van die dag word uitgedeel aan die haweloses by ‘n nabygelee ‘mission’.

Die meeste streke bied nou kosfeeste van een of ander aard aan. Ons beplan om Saterdag ‘n chilli-fees by te woon. By so ‘n geleentheid kry jy  wenke om jou eie produk te kweek en ook te sien wat ‘n mens alles met die produk kan doen. Dit is ‘n heeldag vrolikheid met ponie-ritte en musiek en kos en party feeste maak ook voorsiening vir toutrek en ander kompetisies. (Amper soos ‘n kerkbasaar!).

En tog kry ‘n mens die gevoel dat dit ‘n laaste poging is om die somer nog vas te hou, want die weer is besig om te draai en oor ‘n bietjie meer as ‘n maand is ons in dagligbenuttingstyd en stel ons ons horlosies met ‘n uur terug. 

Standard

And so it happened….

After more travels than I am able to record, It finally happened: our flight was delayed and and our luggage decided on spending another night in Paris. Nevertheless, we had a superb holiday; but also, it is good to be back home in the UK.

Kan ons nog tel hoeveel keer ons uitgelewer was aan die diens van een of ander lugredery? Ons vlieg ver en naby, winter en somer, direk en oorklim, en elke keer kyk ek heel eerste na wat Air France aanbied voordat ek na die ander moontlikhede kyk. Is dit omdat ek daarvan hou om vlugtig uit die lug na al die bakens in Parys te kyk, of is dit omdat die Franse taal sag op my oor klink, of is dit dalk omdat die Franse spyskaart binne my smaak val?

Nodeloos om te se, was my teleurstelling dus groot toe die onvermydelike gebeur: ons moet in Parys oornag want die 11.20pm vlug is vertraag tot 10am die volgende dag. Dit beteken ‘n nag in Parys en ‘n dag op die vliegtuig; ‘n dag wat beplan was om lekker saam met die kinders en kleinkinders te kuier. 

In London het ek dit baie duidelik gemaak dat ons Shengen visums verval het, maar die belofte was ‘n hotelbespreking, indien nie in die stad nie, dan in die hotel ‘op die lughawe’. Ek soek nou nog na hierdie lughawe hotel. Of hy bestaan nie, of hy was vol bespreek, maar na ‘n lang gesukkel is twee oornagstoele op die lughawe aan ons toegeken. Die stoele is so ontwerp dat dit enige vorm van slaap verhoed. Hulle knak jou in die middel en jy eindig met jou voete en kop in die lug en  jou swaartepunt enkele sentimeters bo die grond. Lugreeling, ligte, en krampe in my bene, sorg vir ‘n vroee lughawe-ontbyt, geborg deur die lugredery, bestaande uit ‘n croissant en koffie. 

Gelukkig het ‘n dag in die lug gehelp om sommige van die verlore slaap in te haal en amper 12ure later land ons veilig in Johannesburg, reg om by seun Willem in die kar te klim en daarvandaan by seun Isak te gaan slaap. Nog net een stop, en dis om ons bagasie af te haal. Die tasse karoesel voor ons verby, maar die 2 tasse met die SAkleure-gordels om hul middellywe, is nerens te sien nie. Saam met passasiers van Engeland, Frankryk, Portugal, en die Ooste, verneem ons toe dat ons tasse daarop aangedring het om bietjie langer die naglewe van Parys te geniet. Ons laat ons kontakbesonderhede en kry die versekering dat ons binne ‘n dag deur ‘n koerier besoek sal word. Belofte gehou. Dit het so gebeur. 

Nou kan ons ook saampraat oor vertraagde vlugte en verlore bagasie.

Gelukkig het Jan ‘n baadjie in ‘n kas by Isak gestoor gehad wat hy die volgende dag, Sondag, oor sy vliegtuigklere kon aantrek om sy kleindogter, Marizelle, te doop. En Marizelle en die gemeente het nie eers omgegee nie!

 

Standard

Logistics of a holiday in South Africa

A visit once a year to 7 children and 7 grandchildren has its own problems. Where do I go with all the birthday and Christmas presents in my allowed 20kg?

‘n Hele vertrek in die huis word gebruik as stoorruimte en voorbereidingsruimte vir alles wat moet saamgaan SA toe. Klere wat op die winteruitverkoping gekoop is en daarna by die somer een, en sommer so tussenin ook. Iets vir elke kleinkind. En elkeen moet ‘n speelding kry vir die ontmoeting, en vir die verjaarsdag, en wat by Ma en Pa moet wag vir Kersfees. Die groot kinders moet darem ook elkeen net so ‘n ietsie kry twv die gedagte. En kinderboeke is so goedkoop in Engeland. En nerens kry mens beter tee as Tesco s’n vir sommige en Sainsbury’s s’n vir ander nie. En ‘n mens kry nie Galaxy sjokolade in SA nie. 

Elke keer is ‘n herhaling van die vorige keer. Ek begin met my tas. Legkaartblokkie-gewys word die eerste laag gepak en opgevul met gerolde, gefrommelde of gebolletjiede klere. Dan kom die tweede laag op dieselfde manier. Nou is die tas volgens openbare mening vol, maar daar is nog plek vir ‘n laag boeke en kleiner geskenkies wat teen die rand van die tas ingedruk kan word. Ek probeer die tas toemaak. Een kinderboek word uitgehaal….en nog een….en dankie tog hy’s toe.

Jan se tas kry tee, 2 groot speelgoed, die orige kinderboeke, my skoene, en al die vloeistof wat nie in die handbagasie toegelaat word nie. Dis winter in SA en hy kry maklik sy tas ook vol. 

My klere pas in rolletjies en bolletjies in my handbagasie en nadat ek ‘n speelding uitmekaargehaal het, pas hy ook in my handbagasie. 

Jan moet nog werk voordat ons 8uur van Heathrow af opstyg. Ek gaan laai hom in Harlow af. Daar kry ‘n kollega vir hom met sy tas by die Mental health hospitaal en neem hom Loughton toe waar hy bietjie vroeg by die werk loop om betyds die moltrein te kry. 

Ek ry terug huis toe. Los die motors in ons straatparkeerplek, klim op die bus, sluit aan by ‘n ander bus en 4ure later is ek op Heathrow. 

Oeps die vlug van Parys na SA vertrek nie meer vanaand nie’ maar eers moreoggend. 10uur….maar kom asb oor ‘n uur terug want dalk word die probleem opgelos. En so wag ek nou om te sien wat gaan gebeur…. A visit once a year to 7 children and 7 grandchildren has its own problems. Where do I go with all the birthday and Christmas presents in my allowed 20kg?

‘n Hele vertrek in die huis word gebruik as stoorruimte en voorbereidingsruimte vir alles wat moet saamgaan SA toe. Klere wat op die winteruitverkoping gekoop is en daarna by die winter een en by die somer een. Iets vir elke kleinkind. En elkeen moet ‘n speelding kry vir die ontmoeting en vir die verjaarsdag en wat by Ma en Pa moet wag vir Kersfees. Die kinders moet darem ook elkeen net so ‘n ietsie kry twv die gedagte. En kinderboeke is so goedkoop in Engeland. En nerens kry mens beter tee as Tesco s’n vir sommige en Sainsbury’s s’n vir ander nie. En ‘n mens kry nie Galaxy sjokolade in SA nie. 

Elke keer is ‘n herhaling van die vorige keer. Ek begin met my tas. Legkaartblokkie-gewys word die eerste laag gepak en opgevul met gerolde, gefrommelde of gebolletjiede klere. Dan kom die tweede laag op dieselfde manier. Nou is die tas volgens openbare mening vol, maar daar is nog plek vir ‘n laag boeke en kleiner geskenkies wat teen die rand van die tas ingedruk kan word. Ek probeer die tas toemaak. Een kinderboek word uitgehaal….en nog een….en dankie tog hy’s toe.

Jan se tas kry tee, 2 groot speelgoed, die orige kinderboeke, my skoene, en al die vloeistof wat nie in die handbagasie toegelaat word nie. Dis winter in SA en hy kry maklik sy tas ook vol. 

My klere pas in rolletjies en bolletjies in my handbagasie en nadat ek ‘n speelding uitmekaargehaal het, pas hy ook in my handbagasie. 

Jan moet nog werk voordat ons 8pm van Heathrow af opstyg. Ek gaan laai hom vroegoggend in Harlow af. Daar kry ‘n kollega vir hom met sy tas by die Mental health hospitaal en neem hom Loughton toe waar hy sy dag se werk doen voordat bietjie vroeg by die werk loop om betyds die moltrein te kry. 

Ek ry terug huis toe, los die motors in ons straatparkeerplek, klim op die bus, sluit aan by ‘n ander bus en 4ure later is ek op Heathrow. 

Oeps die vlug van Parys na SA vertrek nie meer vanaand nie, maar eers moreoggend 10uur….maar kom asb oor ‘n uur terug want dalk word die probleem opgelos. En so wag ek nou om te sien wat gaan gebeur….   

Standard

Buses, tractors, bicycles and horses

Narrow roads, heavy traffic and patient drivers are as characteristic of England as the rain.
Elke keer wat ek in my motor klim is ek verstom oor die onbeskryflike geduld waarmee die motoriste die verkeer hanteer.
Die pad waarmee ek werk toe ry is skaars breer as ‘n plaaspad. Ek moet byvoeg dat selfs plaaspaaie in Engeland geteer is en die rede is eenvoudig…in die winter sal jy nie ‘n meter op ‘n grondpad vorder nie. Sneeu en reen verander elke lappie grond in ‘n moeras. As gevolg van die baie vog, is die instandhouding van die paaie ‘n nagmerrie en winter en somer is daar permanent stukke van elke roete wat gelap word of onder konstruksie is.
My pad loop deur 3 dorpies en ‘n paar hamlets (gehuggies?) en is 8 myl lank voordat ek by die A-roete aansluit. A-roetes vergelyk goed met die pad tussen Pretoria en Pietersburg. Soos reeds voorheen genoem, is daar nie so ‘n ding soos ‘n reguitpad in hierdie deel van die wereld nie.
Elke oggend en middag kronkel ek deur die dorpies. Die maksimum spoed is 40 mpu en met ‘n rede, want jy kan nie om die draaie sien nie en verkeer van voor beteken dikwels dat jy moet stilhou en wag dat hulle eers verby kom. Die ander onverwagte op die pad is ‘n fietsryer, ‘n perd, ‘n vuilgoedlorrie, ‘n konstruksievoertuig, ‘n trekker swaargelaai met bale hooi of besig om een van sy implemente te sleep, of, afhangende van jou roete, ‘n spooroorgang waar jy dikwels vir drie treine wag voordat jy die groen lig kry. Al genoemde onverwagses beteken ‘n massiewe opeenhoping van verkeer. Nou paaie, baie motors en baie draaie verhoed jou om by enigiets verby te ry en dis net by wyse van uitsondering dat daar ‘n stukkie gelykpad is wat so ‘n aksie toelaat. Maar almal het ewe veel reg tot padverbruik en NOOIT word enigiemand met ongeduld hanteer nie. ‘n Fietsryer of ‘n perderuiter kan jou rit met 5 minute vertraag en dit dien geensins as ‘n verskoning vir laatkom nie, want dit is normaal. Die beste ding wat kan gebeur is dat een van genoemdes hul bestemming bereik en jy dus rustig kan voortry.
My rit duur naastenby’n halfuur en ek deel hierdie stukkie pad met bykans 6,000 voertuie per dag. Wanneer ek by die A roete aansluit is ek deel van 28,000 voertuie per dag. En, almal is verstommend geduldig….geen toeters, vuiste of tekens nie.

Standard

It’s absolutely boiling!

The only difference between South African summers and the current heat wave in England, is that  the SA 30 degrees will be lasting for 6 months and the heatwave will probably not last for another 6 days. 

En dit maak al die verskil. Almal kla en kerm tans oor die warm weer in die suide van Engeland. Beskrywings wissel van boiling tot melting, maar mens moet ook maar versigtig wees met wat jy se (waar kry ek ‘n kappie op ‘n note pad?), want ‘I’m melting’ kan ook ‘n amoreuse interpretasie he. Wat ookal, dis warm….ordentlik warm. Vir naastenby 10 dae het ons noual temperature van 30 grade en nagte van 16 grade. Eg Engels word alles in weddenskapterme beskryf, nl dis nou die langste hittegolf in sewe jaar.

Die mense hou daarvan om geld of ‘n glas bier of sommer enigiets te verwed op enigiets wat kan gebeur: die eerste ou wat gaan loop; die laaste een wat gaan opdaag; die wenner, die verloorder, die telling na die eerste 10 minute, ens. Al hierdie gebeur natuurlik in ‘n gees van geheimhouding sodat die uitslag nie beinvloed kan word nie, en die wenner word met groot pret en luidrugtigheid gelukgewens.  

Hier is die onkunde oor hoe ‘n mens met hitte te werk gaan baie groot. Ons kantoor het ‘n lugreeling. Dis baie skaars en die meeste geboue gaan daarsonder. Volgens die meerderheid in ons kantoor wat deur so ‘n rapsie meer as 70 mense gedeel word, werk die sisteem glad nie. Ek en SA-kollega Michelle vang mekaar se oog met volkome begrip wanneer hierdie gekerm begin. Alhoewel menige eposse wat die werking van ‘n lugreelingstelsel probeer beskryf daagliks die rondte doen, word al die vensters klokslag elke oggend oopgemaak op naastenby dieselfde oomblik wat die stelsel aangeskakel word. Wanneer die epos ‘n halfuur later gesirkuleer word wat vra dat almal die vensters moet toemaak, is die onderwerp van die epos slegs: ‘aircon’, en sonder om dit te lees, aanvaar almal dat dit bloot beteken dat die aircon nie werk nie. Vandag, na 4 dae se eposse was al die vensters toe en almal was veheug dat die aircon uiteindelik werk. Ek en Michelle bly maar stil want as mens iets se (kappie) staan jy die gevaar om ‘patronising’ of ‘offending’ te wees. Op die ou-end leer hulle tog wel.

Normaalweg is die beste tyd om die buitelug te gebruik in die middel van die dag. Hittegolf ten spyt, is al die stappers, drawwers en stootwaentjies 12uur op straat. Die plaspoele vir die kinders is vol water en ook hulle word die beste gebruik in die middel van die dag met geen koelte naby nie. Gelukkig maak Health en Safety-bewustheid dat almal drup van hitte en sonbrandolie. 

Dit is ‘n wonderlike tyd van die jaar om saam te kuier. Dit word nie pikdonker in die somer nie. Tienuur in die aand kan mens nog sien waar jy buite rondloop. Met die somervakansie wat volgende week begin, is hierdie afskeid- en afsluitingtyd vir elke groep. Gisteraand was dit die jaarafsluiting van Mothers and Others. 

Hierdie ‘n groep mammas wat sowat 25 jaar gelede ‘n sosiale groep vanuit die kerk begin het. Die kleuters het groot geword en getrou, die mammas het vriendinne gemaak met kinderloses en kerkloses en die groep bestaan en groei steeds.

Enige projekbestuurder draai op die randjie van ‘n senu-ineenstorting om by die aanskoue van die reelings verbonde aan so ‘n funksie. Niemand weet hoeveel mense verwag word nie. Die funksie is aan huis van een van die lede, gewoonlik een van die met groterige huise. Hulle het gewoonlik ten minste 10 losstoele wat gebruik kan word. ‘n Gewone sitkamer is oorlopens vol met 20 persone: alle sitplekke en moontlike vloerspasie gevul. Almal hoop dus heimlik op ‘n sonskyndag. Die funksie begin tussen halfagt en agtuur wanneer die son nog hoog skyn. Die  byeenkoms is by Jenny. Hulle woon ‘n ‘n omboude ‘barn’ wat dateer uit 1450; ruim en luuks.

Elkeen kan bring net wat hy wil. Aangesien dit aandetetyd  is word dit aanvaar dat die bydraes sal inpas by ‘n ete of vingerete. En so kom elkeen met sy porsie daar aan. Ons spyskaart is ‘n paar bottels vrugtesap en gaskoeldrank wat teen kamertemperatuur bedien word, blaarslaai, tamaties, hoenderboudjies, twee soutterte (gekoop by die supermark en koud voorgesit) en ‘n bak Sjinese rys. Op die ander tafel kom die poedings: twee kaas koeke met bessies, blaardeeg met bessies, drie gebakte poedings met bessies,aarbeie en room, briochepoeding met frambose en witsjokolade (njam), tertjies gevul met bessies, ‘n koek met room en vrugte, ‘n suurlemoentert en ‘n gesonde sjokolade blokkiesgesnyde iets. En dalk het ek ‘n poeding uitgelaat. Die ete word afgesluit met koffie/tee en luukse sjokolade truffels. Elkeen skep ‘n anoreksiaporsie kos en dit word gevolg met ‘n paar oorvol bakkies poeding. Dit is presies waarop almal gehoop het en pas 100% in by die eetkultuur. Hafelf besef die meeste dat hulle die volgende dag werk of nog tieners tuis het wat bed toe gejaag moet word en nadat Jenny ‘n bos dankie-blomme gekry het, gaan soek almal hul motors wat iewers in een of ander systraat geparkeer is….parkeerplek is baie baie skaars in ‘n land wat vir openbare vervoer gebou is.

 

Standard

Om jou pad te vind

A satnav helps you getting lost more accurately.

Dis altyd ‘n nagmerrie om na ‘n onbekende omgewing toe te moet ry. Ons het vroeg genoeg in die pad gespring om betyds by ons bestemming te wees, wetende dat London deurkruis, of omseil sal moet word. Die omseil gedagte het goed geklink, maar op die ou end het ons satelietnavigasie of satnav soos dit hier algemeen bekend staan, vir ons regdeur London geneem…..en nie sommer net regdeur nie, maar regdeur die kongestie-sone. Dit beteken moeilikheid want enige motor word nie sommer net toegelaat om in Leicester Square en Picadilly Circus rond te ry nie.

Ten spyte van hierdie kortpad, was ons in elk geval laat, en so was nog ‘n paar ander motors, wat die omseilpad gery het. Op hulle roete was hulle op ‘n ompad gelei as gevolg van ‘n brandende voertuig.  
London is onvoorspelbaar en dit sluit alles in: die weer, kleredrag, verkeer, en die verskyning van die Teems waar jy hom nie verwag nie. Dit dra by tot London se bekoring.   

In Engeland is feitllik geen reguit strate of paaie  nie. As jy jou koers kwytraak kan jy dus geen logiese redenasie volg om weer jou vertrekpunt op te spoor nie. Draai links en weer links en weer links, neem jou nie om ‘n straatblok nie. Die kans is groter dat dit jou na ‘n ander woonbuurt sal lei. Dis blykbaar so ‘n kronkelrigheid omdat respek vir mense se regte en hul eiendom, daartoe gelei het dat paaie rondom landerye en bestaande huise gebou is. Onteiening is steeds nie ‘n opsie nie. Alles gebeur met baie onderhandeling en doodloopstrate.

Sonder ‘n satnav is jy dus totaal verlore behalwe as jy van openbare vervoer gebruik maak. Afhangende van jou ritkeuse (kortste, vinnigste, mees ekonomiese), bereik jy jou bestemming soos verwag, of nie heeltemal na verwagting nie.

Al was die ritkeuse vandag minder suksesvol, was London nie onkant gevang nie en is ons verwelkom met strate vol motors, mense, blomme, klein kafeetjies, historiese reuse, oop parke en rooi busse.  Ek geniet ritflaters.  

En die bonus? Toe ons op internet ons boete vir die dag naslaan: NO CONGESTION CHARGES ON A SATURDAY! Wat ‘n verligting….ek verdwaal sommer weer!

Standard